• Voorverhit die oond tot 180 °C.
  • Verhit 2 eetlepels olyfolie in ’n groot pan oor matige hitte. 
  • Soteer die ui sowat 5 min. tot dit begin versag.
  • Voeg die knoffel en spinasie by en soteer tot verlep. 
  • Voeg die room by en roer.
  • Laat prut tot die room effens verminder en verdik het.
  • Verwyder van die hitte en laat afkoel.
  • Sny die varkfilet in die lengte sodat dit oopgevlek is.
  • Slaan weerskante met ’n vleishamer tot dit sowat 1 cm dik is. 
  • Versprei die roomspinasie oor die een kant van die gevlekte filet en bedek met die kaas.
  • Rol die filet van die lang kant af op en bind met kombuistou vas sodat dit sy vorm behou.
  • Bestrooi aan die buitekant met die sout, peper en Italiaanse kruie.
  • Verhit die oorblywende olyfolie in nog ’n braaipan en verbruin die filet alkante. 
  • Sit die filet op ’n oondpan en bak 30-35 min. in die oond.
  • Haal uit die oond, bedek met tinfoelie en laat rus.
  • Plaas die pan wat jy gebruik het om die filet te verbruin met sy pansappe in terug op die stoof.
  • Voeg die wyn en aftreksel by en kook tot die sous begin verdik terwyl jy af en toe roer om enige verbruinde stukkies los te skraap. 
  • Geur met die sout en peper.
  • Sny die tou van die filet af en sny die filet in skywe.
  • Sit voor saam met die wynsous en bykosse van jou keuse.