Franse roosterbrood met ham en kaas en repiesspek met ’n byt

akkreditasie
Foto verskaf
Foto verskaf
Bereidingstyd: 10 min
Porsies: 4 mense
Gaarmaaktyd: 20 min
Bestanddele
  • Spek met ’n byt: -
  • 200 g - repiesspek
  • ¼ k - stroop
  • 1 e - rissievlokkies
  • Franse roosterbrood: -
  • ¼ k - olyfolie vir gaarmaak
  • 3 - eiers
  • ½ k - melk
  • 8 - snye brood van jou keuse
  • Eskort-minipiekniekham -
  • 2 k - gerasperde kaas
  • 1 k - kaassous (gekoop of tuisgemaak)
  • - vars kruie vir afronding
Metode
  • Voorverhit die oond tot 190 °C. 
  • Plaas die spek op ’n bereide bakplaat. Bedruip met die stroop en sprinkel die rissievlokkies oor. 
  • Bak 15 min. 
  • Verhit intussen die olyfolie in ’n braaipan oor matige hitte. 
  • Klits die eiers en melk saam in ’n plat bak. 
  • Doop die snye brood in die eiermengsel. 
  • Braai die brood aan albei kante voor jy die ham en kaas op 4 van die snye plaas. 
  • Maak die broodjies toe met die oorblywende 4 snye en plaas op ’n bakplaat. 
  • Skep die kaassous op die broodjies en bak 5 min.

 Vir voorsit:

  • Sit die broodjies voor saam met die spek en rond af met vars kruie. 

Jongste uitgawe

28 Oktober 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees