Sout spek en soet piesang vul mekaar aan in ’n spesiale laatontbyt. 

Vulsel

  • Braai die spek tot bros in ’n braaipan oor matige hitte. 
  • Meng die maaskaas, meel, strooisuiker en vanieljegeursel in ’n mengbak.  

Franse roosterbrood

  • Meng die eiers, melk en vanieljegeursel in ’n vlak bak. 
  • Doop die een kant van die brood in die eiermengsel en plaas dit met die nat kant na onder op ’n gesmeerde jafelpan. 
  • Skep van die maaskaasmengsel op die brood, voeg piesang en spek by en maak toe met ’n ander sny brood wat aan die een kant in eier gedoop is. Plaas dit met die nat kant na bo en maak die jafelpan toe.
  • Rooster vir sowat 5 min. weerskante in die jafelpan.

Grondboonbottersous

  • Voeg al die bestanddele in ‘n kastrol op matige hitte.
  • Klits tot glad en verwyder voor dit begin kook.