Dukkah-spesery gee aan dié klewerige #DieLekkerLewe-maaltyd ’n ryk, aardse geur.

  • Voorverhit die oond tot 190 °C.
  • Plaas die blomkoolkop op ’n vel foelie en bedruip met die avokado-olie.
  • Meng die dukkah en droë speserye in ’n bak en vryf aan die blomkool.
  • Plaas die camembert bo-op die blomkool, bedek met foelie en bak 20 min.

Vir voorsit:

  • Sny in wiggies en sit as ’n bykos by ’n vleisgereg voor.