Braai jou hart uit! Steek die vuur aan en vier Nasionale Braaidag met dié #DieLekkerLewe-resepte wat jou trots sal maak om Suid-Afrikaans te wees.

Ons gemarineerde ribbetjies word oor warm kole berei en is #DieLekkerLewe tot op die been! 

Gebraaide ribbetjies

  • Pak ’n vuur met genoeg kole vir braai.
  • Plaas die ribbetjies op ’n braairooster oor warm kole en braai 10 min. aan weerskante.

Bros goue aartappels

  • Klits die olyfolie, tiemie, knoffel, paprika, gemmer, komyn, mosterd en suurlemoensap en -skil goed in ’n klein bak om ’n marinade te vorm.
  • Plaas die aartappels in ’n groot bak en giet die marinade oor; sorg dat die aartappels egalig bedek is. 
  • Laat 10 min. marineer en geur dan met die sout en peper.
  • Plaas die aartappels op ’n braairooster oor warm kole. 
  • Braai 5 min. alkante tot goudbruin en bros.

Vir voorsit:

  • Sny die ribstuk in skywe en sit ’n porsie ribbetjies voor saam met ’n bykos van bros goue aartappels wat met oorskiet marinade bedruip is.
  • Rond af met die vars kruie.