Dié geurige worspaellaresep is in die familie deurgegee en ’n voorloper in my #DieLekkerLewe-wedren om die titel Wêreld se Kampioen Worsie.

  • Plaas die rys in ’n kastrol en voeg 500 ml van die hoenderaftreksel by.
  • Kook oor matige hitte tot net sag (die rys moet nog ’n bietjie bros wees).
  • Geur intussen die hoenderstukke met die sout, peper en paprika. 
  • Verhit ’n bietjie olyfolie in ’n groot pan en braai die hoender weerskante tot net deurgaar.
  • Skep uit die pan en plaas eenkant. 
  • Gooi nog ’n bietjie olie in die pan, voeg die worse by en braai tot bruin en deurgaar.
  • Verwyder van die hitte, laat afkoel en sny in munte. 
  • Voeg die ui, soetrissie, knoffel en origanum in dieselfde pan en braai 5-6 min. tot sag. 
  • Voeg die oorblywende 300 ml hoenderaftreksel by en laat prut. 
  • Roer die tamaties, rys, worse en hoender in en laat prut 10 min. of tot die vloeistof geabsorbeer is. 
  • Voeg die ertjies by en maak 2 min. deurwarm. 
  • Geur met die sout en peper na smaak en meng die pietersielie in.
  • Sit warm voor met nog ’n bietjie pietersielie oorgestrooi. 

Hierdie week is jou laaste kans om ‘n Philips TurboStar Airfryer en R5000 te wen!

Stem vir jou gunsteling hier: