Paprika en rooi soetrissies maak dié ’n witwarm weergawe van die klassieke Russiese wors en skyfies.

Skyfies

  • Voeg die sout in ’n kastrol vol water en laat kook.
  • Sny die aartappels in kwarte, voeg by die kokende water en kook tot al dente. 
  • Verwyder van die hitte en plaas die aartappels in die yskas om af te koel. 
  • Druk die aartappels plat en diepbraai tot bros.
  • Geur met die sout en peper. 

Gekruide Russiese worsies

  • Voeg die olyfolie in ’n pan oor matige hitte en braai die rooi soetrissies, knoffel, tiemie, paprika en rissievlokkies tot sag en blink. 
  • Voeg die Russiese worsies daarby en braai tot gaar (sowat 5 min. aan elke kant). 
  • Voeg die balsemieke asyn by en geur na smaak.  

Opdiening:

  • Sit die gekruide
  • Russiese worsies voor op die aartappels en garneer met vars gerasperde witkaas en kruie.