Die klassieke geroosterde kaas word ’n gourmetontbyt deur ’n paar #DieLekkerLewe-kinkels by te voeg. 

Geroosterde kaasbaguette

  • Voorverhit die oond tot 180°C.
  • Plaas die varklies in ’n oondvaste bak en in die oond.
  • Verf die snykant van die baguette met olyfolie en geur met sout en peper. 
  • Pak die kase in lae op die brood en dan op ’n plaat en in die oond.
  • Rooster tot die kaas gesmelt het en goudkleurig raak.

Wilde sampioeneroereier 

  • Terwyl die baguette in die oond is, plaas ’n braaipan oor matige hitte. 
  • Voeg olie en botter by en verhit tot die botter ophou borrel. 
  • Voeg sampioene, gemmer en tiemie by en braai tot die sampioene goudbruin is. 
  • Verlaag die hitte, voeg die eierwitte by en bak 20 sek. sonder om te roer.
  • Roer met ’n houtlepel terwyl jy elke 10 sek. lig en oorvou tot gaar. 
  • Klits die eiergele, voeg dit in die pan en verwyder van die hitte.
  • Roer om alles met eiergeel te bedek en laat van oorblywende hitte gaar word. 

Vir voorsit: 

  • Plaas die gebraaide varklies op die geroosterde kaasbaguette en sit voor saam met roereier en mikrokruie.