Suurlemoen-maaskaas en geroosterde rooi-ui omskep dié Russiese rolletjie van straatkos in ’n sjiek happie.

Russiese rolletjie

  • Voorverhit die oond tot 190 °C.
  • Meng die harissa-speserye, uie, olyfolie, suurlemoenskil en sap, knoffel en tiemie in ’n mengbak.
  • Skep dit op ’n bakplaat uitgevoer met bakpapier en bak 15 min.
  • Braai die Russiese worsies in die oorblywende olie in ’n groot pan oor matige hitte (sowat 5 min. aan elke kant). 

Suurlemoen-maaskaas

  • Plaas die bestanddele in ’n mengbak en meng goed.  

Vir voorsit:

  • Maak die rolletjies.
  • Begin met die Russiese worsies, voeg die geroosterde uie daarby en rond af met die maaskaas.