Voorverhit die oond tot 200 °C.

  • Bespuit ’n oondbak met kossproei.
  • Plaas die sampioene in ’n bak, stingelkant na bo, en geur met die sout en peper.
  • Meng die helfte van die panko-krummels met die olyfolie en laat staan eenkant.
  • Meng die oorblywende panko-krummels met die grasuie, suurlemoenskil en -sap en bokkaas.
  • Verdeel die panko-krummelmengsel eweredig tussen die 4 sampioene.
  • Skep die panko-krummel- en oliemengsel bo-op elkeen en voeg daarby ’n stukkies rugspek.
  • Bak 15- 20 min. tot die spek gaar en die krummel-bolaag bros is.
  • Garneer met gekapte grasuie en sit warm voor.