Is jy haastig om by die werk te kom? Moet jy die kinders vir skool regkry? Moet jou nie bekommer nie; ons het die ontbyt vir jou. Beproef dié gesmoorde bone-, ertjie- en ham-ontbyt om jou aan die gang te kry. 

  • Verhit die olyfolie in ’n braaipan en braai die ham tot amper bros.
  • Skep die ham uit die pan en plaas eenkant. 
  • Voeg die ui, sprietuie en knoffel in dieselfde pan en braai 3-4 min. tot net sag. 
  • Voeg die hoenderaftreksel by en bring tot kookpunt. 
  • Voeg die groenbone en ertjies by en laat prut. 
  • Kook 4 min. of tot deurgaar. (As dit lyk of daar te veel vloeistof is, verhoog die hitte om die vloeistof te verminder.)
  • Geur met die sout en peper.
  • Skep die bone-en-ertjiemengsel in twee borde.
  • Strooi die gebraaide ham oor, plaas die eiers bo-op en bestrooi met nog gekapte sprietuie.