Dié lekker ontbyt is in ’n kits gereed en net die regte manier om die dag mee te begin.

Gestoomde brood

  • Plaas die deeg in ’n geoliede hittebestande mengbak wat in ’n kastrol sal pas. 
  • Plaas die bak in die kastrol en vul halfpad met water.
  • Plaas die deksel op en kook 20-30 min. oor matige hitte.

Geurige boontjies met Amerikaanse rissie-kaasworsies

  • Verhit die olyfolie in ’n groot pan oor matige hitte.
  • Braai die boontjies, knoffel, tiemie, ui en speserye 5 min. saam.
  • Roer die tamatiepuree, rooiwynasyn en bruinsuiker by. 
  • Laat dit 5 min. prut en verwyder van die hitte. 
  • Braai die worsies in ’n aparte pan tot goudbruin.
  • Geur met die sout en peper.  

Vir voorsit:

  • Sny die brood, rooster die snye en sit voor saam met ’n porsie boontjies en rissie-kaasworsies.