Dié vrugtige slaai sorg vir ’n interessante kinkel op jou feestafel.

  • Bedruip peerskywe met suurlemoensap en laat staan eenkant. 
  • Braai ui in olyfolie oor matige hitte in ’n braaipan tot goudbruin.
  • Roer die knoffel, rooi rissie en gemmersap by en braai tot geurig. 
  • Voeg die kekerertjies by en laat deurverhit voor jy dit van hitte verwyder.
  • Geur na smaak. 

Opdiening:

  • Sit voor met gemarineerde peerskywe met fyngemaalde gemmerkoekies en mikrokruie bo-oor.