Geurige geroosterde quesadillas 

  • Voorverhit die oond tot 200°C. 
  • Plaas die ribburgers op ’n liggies gesmeerde bakplaat.
  • Bak vir 12 minute, en bedruip en draai gereeld.
  • Haal uit die oond en sny die ribburgers in dun snye.
  • Plaas ribburger-repies, knoffel, groenrissie, feta, wit cheddar en die helfte van die rooi-uie op vier wraps.
  • Maak toe met die ander vier wraps.
  • Verhit ’n braaipan oor matige hitte en rooster die quesadillas versigtig aan elke kant.  

Salsa

  • Plaas die rissie, koljander en die res van die rooi ui in ’n klein bakkie. 
  • Geur met sout en peper, voeg dan die helfte van die suurlemoensap by en meng goed.  

Guacamole

  • Sny die avokado’s in blokkies en sit dit in ’n bak. 
  • Voeg suurlemoensap by en druk fyn tot glad.  
  • Bedien die quesadillas gesny in die helfte of kwarte met vars salsa en guacamole langsaan.