Hierdie heerlike individuele pasteie is suiwer varkvolmaaktheid en ideaal om in kosblikke te pak of op partytjies voor te sit. 

  • Voorverhit die oond tot 200°C. 
  • Plaas al die bestanddele buiten die deeg en geklitste eier in ’n voedselverwerker en verwerk tot glad. 
  • As jy nie ’n voedselverwerker het nie, maak die bestanddele (insluitend die pregosteaks) met ’n skerp mes fyn, voeg in ’n mengbak en meng goed. 
  • Smeer muffinpanne met kleefwerende sproei of botter.
  • Rol die deeg uit op ’n oppervlak wat met meel bestrooi is en sny in sirkels.
  • Voer die gesmeerde panne met die deegsirkels uit en vul met die pasteivleis.
  • Bedek met nog ’n sirkel om ’n deksel te vorm en knyp die kante saam om die pastei toe te maak. 
  • Sny ’n gaatjie in die middel en verf met die eier.
  • Bak 15-20 min. tot goudbruin. 

Vir voorsit:

  • Garneer met mikrokruie en sit voor.