Dié smullekker, kindervriendelike gereg is vinnig om aanmekaar te slaan en sal soos blits in honger magies verdwyn. #DieLekkerLewe 

  • Voorverhit oond tot 180 °C.
  • Kook die macaroni volgens die aanwysings op die pakkie, dreineer en laat staan eenkant.
  • Smelt die botter in ’n kastrol en voeg die meel by, roer tot goed gemeng, voeg die room by en hou aan kook.
  • Roer gedurig tot die sous begin verdik.
  • Verwyder van die hitte en voeg die helfte van die twee kase en sout en peper na smaak by.
  • Plaas terug op die hitte.
  • Hou aan om dit op ’n late hitte te kook tot die kaas gesmelt en die sous verdik het, en verwyder dan van die hitte.
  • Laat staan eenkant. 
  • Meng die gevlokte vark en braaisous en laat staan eenkant. 
  • Meng die macaroni, gevlokte vark en kaassous in ’n groot oondbak.
  • Meng die oorblywende kase en broodkrummels en strooi bo-oor.
  • Bak 20-25 min. tot die kaas gesmelt en goudbruin is.
  • Haal uit die oond en laat effens afkoel voor jy dit in happiegrootte vierkante sny en voorsit.