Dié Franse roosterbroodwafels met gesmelte kaas, grasuie en gerookte rafelvark, is die kosblik van jou #DieLekkerLewe-drome.

Franse roosterbroodwafels 

  • Voorverhit die wafelpan (of ’n normale pan as jy nie een het nie).
  • Voeg die eiers, melk, mosterd, sout en peper in ’n bak en meng. 
  • Plaas vier snye brood langs mekaar en pak 125 ml (½ k) rafelvark op elke sny.
  • Strooi 60 ml (¼ k) kaas en grasuie bo-oor.
  • Maak toe met die tweede sny en doop elke toebroodjie in die eiermengsel.
  • Verf die wafelpan of pan liggies met die olie en braai die toebroodjie daarin tot goudbruin en die kaas gesmelt het. 

Sous

  • Plaas al die sousbestanddele in ’n klein bakkie en meng goed.

Vir voorsit

  • Plaas elke wafel in ’n kosblik en voeg ’n skeut soetrissie-mayonnaise langsaan en garneer met mikrogroenteblare.

Dié #DieLekkerLewe- gevulde Franse roosterbrood met rafelvark en soetrissie-mayonnaise is heerlik. #DieLekkerLewe-toebroodjies gevul met rokerige rafelvark, witkaas en vars grasuie gedoop in ’n mosterd-en-eiermengsel, gerooster in ’n pan tot bros en goudbruin. Sit voor saam met die soetrissie-mayonnaise-doopsous.