Dié #DieLekkerLewe-gesinsmaaltyd is vullend en maklik om te maak – dit kom blitsvinnig van die pan tot die tafel. 

Gnocchi

  • Bring ’n groot kastrol water tot kookpunt en voeg ’n groot knippie sout by. 
  • Kook die gnocchi volgens die aanwysings op die verpakking.

Gerookte Russiese worsies en gemarineerde tamaties

  • Terwyl die gnocchi kook, plaas ’n groot braaipan oor matige hitte.
  • Voeg die olyfolie by en braai die tamaties tot die skille los is.
  • Verlaag die hitte, voeg die gesnyde Russiese worsies en gekapte knoffel by en roer. 
  • Voeg die suiker en rooiwynasyn by en kook terwyl jy af en toe roer tot die suiker oplos.
  • Verwyder die pan van die hitte, voeg die suurlemoensap, origanum en basilie by en roer om al die bestanddele te meng. 

Vir voorsit:

  • Skep ’n porsie gnocchi in ’n bord en skep van die gerookte Russiese worsies en gemarineerde tamaties bo-oor. 
  • Geur met die vars kruie.

Wanneer jy in ’n japtrap kos op die tafel moet kry, sal ons #DieLekkerLewe-gnocchi met gerookte Russiese worsies en gemarineerde tamaties tjoeftjaf vir ’n #DieLekkerLewe-maaltyd sorg.#DieLekkerLewe- gerookte Russiese worsies word saam met gekapte knoffel, tamaties, suiker en rooiwynasyn, suurlemoensap en vars kruie in die pan gebraai en op ’n bed van plomp, sagte gnocchi voorgesit. Strooi vars kruie oor voor jy dit voorsit.