Ek het ’n paar vaardighede in die kombuis en my #DieLekkerLewe-risotto is die volmaakte kompetisiegereg om vriende mee te beïndruk. 

  • Plaas die botterskorsie in soutwater en kook tot sag.
  • Dreineer en plaas eenkant. 
  • Haal die worsvleis uit die omhulsel en vorm in klein frikkadelle.
  • Verhit die olie in ’n braaipan en braai die frikkadelle tot alkante verbruin.
  • Skep uit die pan en plaas eenkant. 
  • Voeg die ui en knoffel in dieselfde pan en braai tot sag.
  • Voeg nog ’n bietjie olie, tiemie, borrie en risottorys in dieselfde pan en braai 1-2 min. terwyl jy heeltyd roer tot die speserye goed met die rys gemeng is. 
  • Die rys behoort ’n neuterige geur te begin afgee.
  • Gebruik ’n soplepel en voeg die hoenderaftreksel ’n lepel op ’n slag by die rys.
  • Laat die vloeistof afkook voor jy nog aftreksel byvoeg. 
  • Roer sodat die rys egalig in die aftreksel kook. 
  • Hou aan om ’n lepel aftreksel op ’n slag by te voeg tot die risottorys gaar is.
  • Die rys moet nog effens bros wees. 
  • Voeg die botterskorsie en frikkadelle by die risottorys en meng tot deurwarm. 
  • Sit die risotto warm voor met ’n milde strooisel gerasperde parmesaankaas oor.
  • Rond af met pietersielie bo-oor.

Hierdie week is jou laaste kans om ‘n Philips TurboStar Airfryer en R5000 te wen!

Stem vir jou gunsteling hier: