Hierdie #DieLekkerLewe spek-en-avokadobroodjie gaan jou tong behoorlik trakteer! 

  • Plaas die avokado in ’n bak, voeg die suurlemoensap en rissie by en geur met sout en peper.
  • Druk die avokado fyn met ’n vurk tot dit goed gemeng is en daar geen klonte oorbly nie.
  • Laat staan eenkant. 
  • Verhit ’n bietjie botter in ’n groot braaipan.
  • Plaas snye suurdeegbrood een-een in pan en rooster tot bruin, draai om en rooster aan die ander kant.
  • Verwyder en laat staan eenkant.
  • Herhaal met die oorblywende skywe.
  • Voeg in dieselfde pan ’n bietjie meer botter by en braai die spek.
  • Verwyder en laat staan eenkant. Verhit ’n bietjie botter in ’n skoon pan en bak eiers na smaak (jy kan ook roereier maak as jy wil).
  • Maak die toebroodjies met ’n laag roket, ’n goeie skeut avokado en skep die spek en eiers bo-op.
  • Geur met sout en peper en sit voor.