Ham-en-kaasbraaibroodjies

  • Verf gesmelte botter aan een kant van elke sny brood.
  • Meng al die kase, tiemie, sout en swartpeper in ’n groot mengbak. 
  • Smeer ’n lepel kaasmengsel aan die ongebotterde kant van vier snye brood en bedek met ’n skyf ham.
  • Herhaal die vorige stap 3 keer op elke sny en eindig dan met die kaasmengsel bo. 
  • Bedek die braaibroodjies met die oorblywende vier snye brood met die botterkant na bo.
  • Braai die braaibroodjies stadig in ’n braaipan oor matige hitte tot dit weerskante goudbruin is en die kaas gesmelt het. 

Brandrissie-en-biersous

  • Verhit olyfolie in ’n groot braaipan oor hoë hitte en braai die preie.
  • Giet die bier stadig in en kook oor hoë hitte tot amper heeltemal weggekook.   Verstel die hitte na matig en roer die room, mosterd, sout en peper in.
  • Laat prut tot ’n dik sous vorm en verwyder dan van die hitte. 

Vir voorsit:

  • Sny elke braaibroodjie middeldeur en sit saam met ’n porsie brandrissie-en-bierdoopsous voor.