’n Maklike pastei? Ons het ’n #DieLekkerLewe-ham-en-kaaspastei-resep wat dit sal bewys. 

  • Voorverhit die oond tot 200 °C.
  • Meng die ham, cheddarkaas, sprietuie, appel, meel en room in ’n groot bak.
  • Geur met die sout en peper en meng.
  • Bespuit ’n oondskottel met kooksproei en giet die hammengsel in. 
  • Rol die skilferkorsdeeg oop, plaas bo-op die mengsel en vou die kante in.
  • Verf met die geklitste eier en plaas in die oond.
  • Bak 25-30 min. of tot die deeg goudbruin is.
  • Sit gesny voor saam met ’n slaai van jou keuse as bykos of op sy eie.