Watter beter manier is daar om ’n bietjie groente by kosblikke in te smokkel as om dit in #DieLekkerLewe kaserige muffins te versteek . . . 

  • Voorverhit die oond tot 200 °C en smeer ’n 12-holte-muffinpan met kooksproei. 
  • Plaas die gerasperde murgpampoentjie in ’n sif en druk om te dreineer.
  • Sorg dat al die vloeistof gedreineer is. 
  • Voeg die meel, ui, murgpampoentjies, kaas, Italiaanse kruie, sout, peper en ham (hou ’n bietjie vir bo-oor strooi) in ’n groot bak en meng saam. 
  • Maak ’n holte in die middel en voeg die melk, eier en olie in.
  • Roer tot goed gemeng.
  • Verdeel die beslag gelykop tussen die 12 holtes en bestrooi met ’n bietjie kaas en die oorblywende ham. 
  • Bak 20 min. of tot goudbruin en ferm wanneer jy dit aanraak. 
  • Haal uit die oond en laat effens afkoel voor jy dit voorsit.