Ons het die kerrie ’n Oosterse kinkel gegee wat selfs die hardkoppigste smaakknoppies sal betower. 

  • Verhit die olie in ’n pot of groot braaipan, voeg die ham en kerriepasta by en braai tot die ham goed bedek is en begin bruin raak. 
  • Voeg die water, pynappel en vissous by en bring tot kookpunt.
  • Bedek en laat 1 uur oor lae tot matige hitte prut. 
  • Haal die deksel af en voeg die klapperroom by.
  • Toets en voeg die sout en peper by.
  • (Die kerriepasta het sout in en die vissous het geurmiddels by).
  • Laat nog 10-15 min. sonder die deksel prut tot die sous verdik. 
  • Sit warm voor saam met die rys en garneer met die basielkruid.