Voeg dié braaibroodjies by die spyskaart wanneer die ouens sport kyk en braai. 

  • Smeer die snye brood weerskante met die botter en smeer dan die Dijon-mosterd oor 4 van die snye.
  • Plaas die ham, ui en gerasperde kase in lae op 4 snye. 
  • Bedek elkeen met ’n tweede sny brood.
  • Plaas op ’n braairooster en braai terwyl jy af en toe omdraai tot dit weerskante goudbruin is en die kase gesmelt het.
  • Sit warm voor.