Dié smullekker pasteie is die perfekte manier om almal te oorreed om tuis te bly. Dis ’n lekker peuselhappies of middagete-bederfie!

  •  Voorverhit die oond tot 200 °C en berei ’n bakplaat met Spray and Cook voor.
  • Smelt botter in ’n groot kastrol, voeg die uie, preie en aartappels by en kook tot sag. 
  • Voeg die gemengde kruie, meel en aftreksel by en meng goed. 
  • Verminder die hitte en voeg die room, mosterd en ham by en geur na smaak. 
  • Kook tot die mengsel verdik het, verwyder van hitte en laat eenkant afkoel.
  • Strooi ’n bietjie meel op ’n gladde oppervlak en rol die deeg liggies uit.
  • Sny die deeg in 4 vierkante. 
  • Skep ham, preie en aartappelvulsel op elke vierkant (los ’n klein rand om die pasteie toe te maak). 
  • Vou die ander helfte van die vierkant oor om dit te bedek en druk die rande met ’n vurk om dit toe te maak. 
  • Maak ’n paar klein kepies bo-op elke pastei en borsel dit met die geklitste eier. 
  • Plaas die pasteie op die bakplaat en bak 25-30 min. tot goudbruin.
  • Sit die pasteie warm voor saam met ’n bygereg van jou keuse.