Dié jafel propvol kaas, spinasie en heerlike ham is ideaal vir ’n ontbyt, middagete of piekniekhappie.

  • Verhit die jafelpan oor matige hitte. 
  • Meng die spinasie, preie, feta, roomkaas en wit kaas in ’n groot mengbak.
  • Geur met sout en peper na smaak. 
  • Plaas skywe ham op ’n sny brood, voeg spinasie-en-kaasmengsel by en maak toe met nog ’n sny brood.
  • Smeer die jafelpan met botter en rooster die toebroodjie vir sowat 5 min. weerskante. 

Vir voorsit:

  • Sit voor saam met aartappel- of groenteskyfies.