Vat my terug na die goeie ou dae! Hierdie heilsame ham-en-aartappelgebak doen presies dit – ’n bietjie nostalgie met baie smaak. 

  • Voorverhit die oond tot 180 °C.
  • Verhit botter in ’n braaipan en braai uieringe tot net sag.
  • Verwyder van die hitte en sit eenkant.
  • Pak die aartappelskywe in ’n egalige laag op die bodem van ’n vlak bak- of oondskottel.
  • Geur effens met sout en peper.
  • Bedek die aartappels met die helfte van die uie en dan ’n laag mini-piekniekham.
  • Smeer ’n dun laag mosterd oor die ham en bedek dan met die oorblywende ui.
  • Pak die ander helfte van die aartappelskywe in ’n egalige laag bo-op alles en geur met sout en peper.
  • Giet die hoenderaftreksel oor en bak 35-40 min. in die oond.
  • Meng die room en Maizena saam om ’n pap te vorm en maak seker daar is geen klonte nie.
  • Haal die aartappels uit die oond, giet die room oor en bedek met gerasperde cheddarkaas.
  • Plaas terug in die oond en bak 15-20 min. tot die kaas gesmelt het en die bokant goudbruin is.
  • Haal uit die oond, bestrooi met pietersielie en sit dadelik voor.