Die sop is dik, romerig en sysag. Sit dit voor saam met ons knoffelrolletjie met ’n kinkel.

  • Voorverhit die oond tot 200 °C.
  • Verhit die olie in ’n groot braaipan, geur die hoenderborsies met die Verhit nog olyfolie in ’n groot pot, voeg die ui by en soteer ’n paar minute tot net-net sag. 
  • Voeg die broccoli by en braai nog 2-3 min.
  • Voeg die hoenderaftreksel by en laat nog 20 min. prut. 
  • Terwyl die sop kook, smelt die botter in ’n klein pot. 
  • Wanneer die botter gesmelt is, voeg die meel by en meng goed. 
  • Voeg die room en parmesaankaas by en geur met ’n bietjie sout en peper.
  • Kook tot die sous verdik en glad is. 
  • Snipper die hoender en voeg by die sop saam met roommengsel. 
  • Laat 10 min. prut, roer af en toe om goed te meng. 
  • Verwyder van hitte en sit voor met die knoffelrolletjie. 
  • Knoffelrolletjie
  • Meng die versagte botter, knoffel, pietersielie en ’n paar druppels Meng tot glad en laat staan eenkant.
  • Sny die punte van ’n Franse rol af, sny in die helfte en dan weer in die helfte (sodat jy 4 ewe groot stukkie het).
  • Gebruik die agterkant van ’n houtlepel en maak ’n gat in die middel van elke stuk brood (verwyder die oortollig brood). 
  • Plaas die worsies in die uitgeholde Franse rolletjie en plaas op ’n bakplaat. 
  • Borsel die bokant van elke stuk brood met die knoffelbottermengsel. 
  • Plaas in die oond en bak 20 min. tot die bokante goudbruin is. 
  • Haal uit die oond en sit warm voor saam met die hoender-en-broccoli-sop.