Vergeet van ’n kerrie-wegneemete. Dié geurige gereg sal in ’n kits gereed wees.

  • Verhit die olie in ’n pot en voeg die ui, knoffel, groen soetrissie en tamatie by en braai tot sag. 
  • Voeg die hoender, spek, gemmer, kerrie, komyn, koljander en cayennepeper by en geur met die sout en peper. 
  • Roer om te verseker al die speserye en bestanddele is goed gemeng en braai tot die hoender begin bruin raak en die speserye deurgekook het. 
  • Voeg die water en room by en meng goed. 
  • Bedek en laat 15-20 min. prut.
  • Pas die geurmiddels aan indien nodig. 
  • Sit warm voor saam met die poppadom, naan of ’n stysel van jou keuse en garneer met die pietersielie.