Dié vinnige en maklike resep sal die kinders op ’n weekaand gelukkig maak.

  • Meng al die bestanddele buiten die hoender om ’n marinade te maak.
  • Voeg die hoender by die mengsel en marineer 20 min. of oornag. 
  • Steek die hoenderstukke aan sosatiestokke en braai weerskante 4 min. of tot gaar oor matige hitte op ’n roosterpan. 
  • Sit voor saam met ’n ligte slaai.

WENK: Week die sosatiestokke vooraf ’n paar minute lank in water om te keer dat dit op die roosterpan brand.