Dié resep lewer ’n blitsvinnige en maklike aandete wat nie terugstaan wat geur betref nie.

  • Voorverhit die oond tot 180 °C.
  • Sny die soetrissies in kwarte. Plaas op ’n bakplaat saam met die worsies. Bedruip met die olyfolie, geur met die paprika en tiemie. Bak 10 min.
  • Maak die pampoen fyn saam met die botter en srirachasous, en geur met die sout en peper.

Voorsit

  • Sit die worsies en soetrissies bo-op die fyn pampoen en rond af met ’n lepel suurroom.