Dié worsrol kom nie van Italië af nie en het sy oorsprong in New Jersey, Amerika. Die #DieLekkerLewe worsrolle is so gewild, ons kon dit nie weerstaan om ons eie weergawe te maak nie.

  • Verhit die olie in n braaipan en braai worsies tot bruin, haal uit die pan en laat staan eenkant. 
  • Smeer die botter aan die rolletjies en laat staan eenkant. 
  • Braai die soetrissies, uie en kruie in dieselfde pan tot sag. 
  • Verwyder van die hitte en laat staan eenkant. 
  • Sit die worsies voor op rolletjies met ’n ruim skeppie van die soetrissie- en uiemengsel met tamatie- en mosterdsous.