Dié peuselhappies gevul met klewerige, rokerige lekkerte is perfek vir ’n partytjie en sal soos soetkoek opgeraap word!

Jalapeño-poppers met spek-en-kaalvulsel

  • NB: Dra handskoene terwyl jy met brandrissies werk en was agterna jou hande deeglik. 

    Sny met ’n klein, skerp mes al langs die lengte van een kant van elke brandrissie.
  • Gebruik die punt van ’n teelepel en skraap die saad en wit membraan sagkens uit.
  • Week die brandrissies 10 min. in ’n bak warm water uit die ketel.
  • Terwyl dit week, braai die spek in ’n pan oor hoë hitte tot bros.
  • Skep die spek uit die pan en sit eenkant om af te koel.
  • Meng die roomkaas, wit cheddarkaas, swartpeper en afgekoelde spek goed in ’n groot bak. 
  • Haal die brandrissies uit die water en verwyder die kern en pitte met ’n mes.
  • Vul elke brandrissie met die roomkaasmengsel en druk dit sagkens toe.
  • Verkoel tot nodig.

Beslag

  • Meng die meel, mielieblom, suurmelk, water, sout en peper in ’n bak en plaas die doopmeel in ’n aparte bak.
  • Rol die gevulde brandrissies in meel, dan in suurmelkmengsel, en dan weer in meel.
  • Pak dit op ’n skinkbord en verkoel 5 min. om te set voor jy dit diepbraai.
  • Verhit die olie in ’n groot kastrol en laat sak die gevulde poppers versigtig met ’n gaatjieslepel in die warm olie. 
  • Diepbraai die gevulde poppers tot bros en goudbruin.
  • Skep dit dan uit en plaas op kombuispapier om oortollige olie te absorbeer. 

Vir voorsit:

  • Rangskik op ’n platbord om effens af te koel voor jy dit saam met ’n doopsous van jou keuse voorsit. 

Wenke:

  • Bied ’n keur van doopsouse soos soetbrandrissiesous, gewone mayonnaise of knoffel-en-kruie-mayonnaise aan.
  • Maak vooraf klompies gevulde brandrissies en pleks van dit dadelik diepbraai, pak dit ’n paar sentimeter uitmekaar op ’n bakplaat en vries.
  • Wanneer dit deurgevries is, pak dit versigtig in ’n vriessak en bêre tot nodig of vir tot vier maande.