Dié romerige, pikante tortilla word vooraf verpak en by die werk saamgevoeg – ’n treffer vir middagete. 

  • Verwyder die varkworsvleis uit die omhulsels.
  • Druk die worsvleis in ovaalvormige patties en braai in ’n pan oor matige hitte tot goudkleurig.
  • Meng die mielies, roomkaas en harissa-pasta.
  • Meng die lemmetjieskil en -sap by die mayonnaise in.

Vir voorsit:

  • Pak alles in aparte houers as jy dit werk toe vat en maak jou tortilla in etenstyd.
  • Plaas die patties en mengsel saam met die blaarslaai en marmelade in die tortillas.