Vars babaspinasie, mentblare en komkommerlinte word in ’n groot bak gevoeg, met olyfolie en lemmetjiesap bedruip en met #DieLekkerLewe- pangebraaide kaasworsies en dungesnyde vinkelknolle bedek. Bedruip met ’n romerige komyn-en-brandrissie-mayonnaise voor jy dit voorsit. 

Kaasworsies en vinkel

  • Voorverhit ’n braaipan oor hoë hitte.
  • Verhit die olyfolie in die braaipan, voeg die kaasworsies en vinkel by en braai oor hoë hitte tot die vinkel goudkleurig is.
  • Geur met die peper en suurlemoensap.

Slaai en sous

  • Meng die fyn komyn, brandrissie en mayonnaise in ’n klein bakkie.
  • Voeg die babaspinasie, ment en komkommer in ’n groot bak en bedruip met die olyfolie en lemmetjiesap.
  • Voeg die kaasworsies en vinkel by en bedruip met die brandrissie-mayonnaise.