Dié #DieLekkerLewe kaserige roosterbrood sal ’n ontbytbederfie vir die hele gesin wees. 

  • Verhit botter in braaipan en braai spek weerskante tot deurgaar. 
  • Verwyder spek uit pan en laat afkoel; sny in dun repies.
  • Plaas die spekvet en botter in ’n klein bakkie. 
  • Gebruik ’n koekiesnyer (of beker of koppie) en sny die middel van elke sny brood uit. 
  • Smeer elke sny brood weerskante met die spekbotter van die pan. 
  • Verhit weer die pan en plaas ’n sny brood in die middel van die pan, braai tot bruin en draai dan om. 
  • Breek ’n eier in die middel en geur met sout en peper en bestrooi met parmesaankaas. 
  • Bedek die pan en laat die eier deurgaar braai. 
  • Skep uit die pan en laat staan eenkant; hou dit warm. 
  • Herhaal met die oorblywende snye brood. 
  • Vir voorsit: Plaas ’n sny brood op ’n bord met ’n bietjie spek, parmesaankaas en vars gekapte grasuie bo-oor.