• Spesery-tamatiesous
  • Voeg olyfolie en kersietamaties in ’n kastrol oor matige hitte en braai tot die tamatie se skil begin bars.
  • Voeg die gekapte rooi brandrissie, appelkooskonfyt en asyn in die kastrol en laat prut tot die tamaties sag is.
  • Verwyder van die hitte en hou eenkant.
  • Kaassous
  • Voeg die kaas, melk en witpeper in ’n kastrol oor matige hitte.
  • Roer die sous tot die kaas gesmelt het en ’n gladde sous vorm.
  • Moenie kook nie.
  • Worsbroodjies
  • Braai die kaasworse in ’n braaipan met ’n bietjie olyfolie tot goudbruin.
  • Bestuif die gesnyde preie met die meel en laat 2 min. eenkant rus.
  • Braai die preie in ’n vlak pot met verhitte olie tot goudbruin en bros.
  • Geur met die sout.
  • Smeer die worsrolletjies en rooster dit in ’n braaipan wat goed verhit is.
  • Vir afronding
  • Bedek die geroosterde rolletjies met die vars roket.
  • Voeg die spesery-tamatiesous, kaasworse en preie by. 
  • Bedruip mildelik met kaassous.