’n Supergesonde #DieLekkerLewe-kombinasie van varkvleis en soetrissies vir ’n vinnige aandete propvol geur.

  • Geur die varkfilet met die sout en peper, verhit die olie in ’n groot braaipan en bruin albei kante.
  • Verwyder uit die pan en plaas eenkant. 
  • Voeg die ui, soetrissies, paprika en gemengde kruie in dieselfde pan.
  • Braai 5-8 min. tot die ui en soetrissies versag het.
  • Voeg die geblikte tamaties en kekerertjies by en roer deur. 
  • Plaas die varkfilet terug in die pan bo-op die kekerertjies en voeg die aftreksel by.
  • Stel die hitte laer en laat 20 min. prut terwyl jy die varkfilet af en toe omdraai sodat dit egalig gaar word.
  • Verwyder die filet en sny in skywe. 
  • Sit die skywe varkfilet voor op ’n bed van die kekerertjie-en-tamatiemengsel en bestrooi met ’n bietjie vars gekapte pietersielie.