Dis #DieLekkerLewe! Hier is ’n moeitevrye, klewerige, vars, heerlike gereg! 

  • Voorverhit die oond tot 200 °C.
  • Plaas die Kasslertjops in ’n vlak oondbak.
  • Klits die sesamolie, sojasous, hoisinsous en brandrissie in ’n klein bakkie.
  • Skink dit oor die Kasslertjops en laat vir 15 min. marineer.
  • Plaas tjops op ’n bakplaat en giet die marinade daaroor.
  • Plaas die tjops in die oond en bak, draai en af toe om en bedruip met sous vir 20 min. of tot gekaramelliseer en deurgaar is.
  • Meng die komkommerlinte, blaarslaai, sprietuie en kruisement in ’n slaaibak.
  • Klits die sesamolie en suurlemoensap saam en drup oor die slaai, geur met sout en peper en meng goed.
  • Verkoel tot gereed om voor te sit.
  • Sit Kasslertjops warm saam met die komkommerslaai voor.