• Verhit die olyfolie en borrie in ’n middelslag-pot oor matige hitte en laat 2 min. deurtrek terwyl jy roer sodat dit nie vaskleef nie.
  • Verwyder die pot van die hitte, voeg die koeskoes by en roer om met die olie en borrie te meng. 
  • Plaas die pot terug op die hitte en voeg die hoenderaftreksel by. Bedek en laat 2-3 min. prut tot al die aftreksel geabsorbeer is. 
  • Verwyder die pot van die hitte. Wanneer dit effens afgekoel het, vlok met ’n vurk, bedek en plaas eenkant. 
  • Smelt die botter in ’n groot braaipan. Geur die varkskywe met die sout en peper en braai tot bruin. Verwyder van die hitte en plaas eenkant.
  • Voeg die sprietuie, knoffel en tiemie in die pan en braai 1-2 min. Voeg die tamaties en kappertjiesaad by en kook nog 2 min. 
  • Verwyder die pan van die hitte en voeg die koeskoes by die tamatiemengsel. Meng deur en haal die tiemietakkies uit.  
  • Skep die varkskywe op ’n laag koeskoes, bedruip met die olyfolie en suurlemoensap, sprinkel die pietersielie oor en sit warm voor.