Dié #DieLekkerLewe kaserige diepgebraaide Koreaanse styl worsrolle is ’n gewilde straatkos in Korea en die beroemde boetie van die jantjie, oftewel corn dog. Beslis ’n wenner met peuseltyd! 

  • Verhit olie in ’n groot pot.
  • Draai elke halwe worsie in ’n sny kaas en sit eenkant.
  • Plaas meel in ’n vlak bak; plaas fyngedrukte Doritos in aparte vlak bak. 
  • Klits eiers in derde vlak bak. 
  • Werk vinnig en doop elke toegedraaide worsie in die eier, dan in die meel, weer in die eier en laastens in die fyngedrukte Doritos.
  • Laat staan eenkant en herhaal met oorblywende bestanddele.
  • Sodra alle worsies gedoop is, diepbraai dit in klein hoeveelhede in warm olie tot goudbruin. 
  • Skep uit en laat eenkant op kombuispapier dreineer. 
  • Sit warm voor met soetrissie-, sriracha- of selfs tamatiesous.