Dié kruierige risotto is propvol vars, helder geure, en boonop eenvoudig, vinnig en heerlik!

Kruie-pesto

  • Meng die babaspinasie, grasuie, basielkruid, kruisement, tiemie, olyfolie, suurlemoensap en skil saam om ’n gladde pasta te vorm.

Risotto met varkneksteak

  • Verhit olyfolie in ’n groot braaipan oor hoë hitte.
  • Braai die ui en knoffel tot die ui blink en deurskynend is.
  • Geur die steaks met sout en peper en braai vir 5 tot 8 minute tot dit aan albei kante swartgeskroei is.
  • Voeg die risottorys by en braai vir twee minute.
  • Gooi ’n koppie van die aftreksel by en roer tot die risottorys dit heeltemal absorbeer.
  • Herhaal die proses to al die aftreksel geabsorbeer en die rys al dente is.

Roer die kruiepesto, botter en Grana Padano-kaas by. 

Opdiening: Skep ’n porsie van die risotto en sit voor met gerasperde Grana Padano-kaas vir ekstra geur.

Allergene

Hierdie resep bevat suiwel (laktose).