Die eenvoudige maar #DieLekkerlewe gereg is vinnig en maklik en sal gou een van jou gesin se gunstelinge word.

  • Verhit ’n bietjie olyfolie in ’n pan en braai die worse tot verbruin en deurgaar. 
  • Wanneer dit verbruin is, skep dit uit en sit dit eenkant om effens af te koel.
  • Sny dit dan in munte.
  • Gebruik dieselfde pan en voeg nog ’n biejie olyfolie in.
  • Voeg die soetrissies, brandrissievlokkies, ui en knoffel by en braai tot versag.
  • Voeg gekapte tamaties, tamatiepasta, rooiwyn, origanum en paprika by en laat kookpunt bereik. 
  • Geur met sout en peper en verlaag dan die hitte en laat prut 20 min. 
  • Voeg die worse terug in die tamatiemengsel, meng goed en laat prut nog 5 min. tot die worse deurwarm is en die mengsel effens verminder en verdik het. 
  • Sit warm voor met korserige brood om al die souse mee op te vee. 

Klik hier om vir jou gunsteling-worsie te stem en jy kan ’n Philips Airfryer en R5 000 kontant weekliks wen!