Dié #DieLekkerLewe-maaltyd is propvol geur wat jy tot in jou gebeentes kan voel!

Lenderibbe

  • Pak ’n vuur met genoeg kole vir braai.
  • Pak die lenderibbe op ’n braairooster en braai 6 min. weerskante oor warm kole.
  • Sorg dat jy dit nie brand of oorgaar maak nie.

Romerige koue kapokaartappel

  • Sny die aartappels in klein blokkies en plaas dit in ’n groot bak.
  • Voeg die res van die bestanddele by en maak fyn tot glad.
  • Verkoel tot nodig.

Geroosterde uie

  • Braai die uie in olyfolie in ’n braaipan oor matige hitte tot die kante verbruin is. 
  • Voeg die res van die bestanddele by, plaas ’n deksel op en laat prut 15 min.

Vir voorsit:

  • Sit die lenderibbe voor op die romerige koue kapokaartappel saam met geroosterde uie en vleissous.