Ná al die gemakskos van die winter is dit tyd vir somerpartytjies met spoggerige #DieLekkerLewe-peuselhappies. 

  • Voorverhit die oond tot 190 ºC.
  • Sny die Franse brood in snye, bedruip met die olyfolie en bestrooi met die growwe sout.
  • Bak in die oond tot goudkleurig en bros. 
  • Ui-en-framboos-marmelade
  • Braai die ui in ’n klein kastrol tot goudbruin en klewerig.
  • Verwyder van die hitte en voeg die frambooskonfyt by. 
  • Vir voorsit
  • Meng die lewer- en speksmeer in ’n klein mengbak.
  • Smeer die snye Franse brood met die -en-speksmeer.
  • Bedek met die roomkaas en ui-en-framboos-marmelade.
  • Sit voor saam met ’n suurlemoenskyfie.