Ons handgemaakte ravioli word gekook tot al dente, gevul met ’n #DieLekkerLewe-mengsel van varkmaalvleis, tiemie en kaas, en bedruip met olyfolie en in ’n ryk, romerige uie-en-vanieljesous voorgesit.

Pasta vir ravioli:

  • Voeg die meel, eiergele, water, sout en olyfolie in ’n groot mengbak.
  • Meng met die hand tot ’n deegbal vorm.
  • Die deeg moet klewerig wees (voeg stadig nog water by as dit te droog is). 
  • Knie 5-10 min. tot glad.
  • Plaas die deeg in ’n mengbak en bedek met kleefplastiek.
  • Plaas 15-30 min. in die yskas om te rus.

Maalvleisvulsel:

  • Verhit die olyfolie in ’n middelslag-braaipan oor matige hitte.
  • Geur die maalvleis met die sout en peper na smaak, voeg die tiemie by en braai tot gaar.
  • Voeg die kaas en suurlemoenskil by. 
  • Rol die deeg uit op ’n meelbestrooide oppervlak tot dun.
  • Gebruik ’n koekiedrukker of glas om sirkels van 3 cm uit te druk.
  • Borsel die rande van die deeg met die eierwit.
  • Skep ’n teelepel van die maalvleisvulsel op elke sirkel. 
  • Maak toe met nog ’n sirkel en druk die rande om die ravioli toe te maak.
  • Verhit die water in ’n groot kastrol oor hoë hitte en voeg ’n knippie sout by. 
  • Kook die ravioli 8 min. sodat die ‘pasta’ gaar maar nog al dente is.
  • Skep die ravioli uit die water met ’n gaatjieslepel en bedruip met die olyfolie.
  • Hou die 250 ml pastawater vir die sous.

Uie-en-vanielje-sous:

  • Plaas ’n kastrol oor matige hitte, voeg die olyfolie by en braai die ui en peper tot gaar. 
  • Voeg die vanieljegeursel, witwyn en pastawater by en kook tot die sous afgekook is.
  • Voeg die ravioli by die sous en kook 5 min.