Plaas die heuning, ryswynasyn, tamatie- en sojasous in ’n klein kastrol en bring tot kookpunt. 

Maak ’n pasta deur die mielieblom met ’n bietjie water te meng en voeg die pasta by die heuningmengsel in die pot.

Roer aanhoudend en laat prut tot die sous verdik. Verwyder van die hitte en plaas eenkant.

Verhit die sesamolie in ’n wok (of groot braaipan) oor hoë hitte.

Voeg die Weense hoenderworsies en ui by en roerbraai tot goudkleuring.

Voeg die knoffel, gemmer, soetrissies en pynappelstukke by en braai nog 3-4 min.

Voeg jou soetsuursous by, meng goed en braai nog 3-4 min.

Verwyder van die hitte, strooi die koljander oor en sit warm voor saam met basmatirys.