Tostada? Hoe sê? Dink aan ’n Mexikaanse burrito gekruis met ’n quesadilla met #DieLekkerLewe op en effens gerooster. Vertrou ons; kry daardie fiesta-vlam terug in jou kombuis.

  • Verhit die rafelvark volgens die aanwysings op die verpakking.
  • Rooster die tortillas in ’n droë pan.
  • Verwyder van die hitte. 
  • Verhit die olyfolie in ’n klein braaipan en braai die swartbone 2-3 min. oor hoë hitte.
  • Verwyder van die hitte. 
  • Bedek elke tortilla met die vark, gebraaide swartbone, mieliepitte, kool en suurroom.
  • Geur met die sout en peper en garneer met die koljander.
  • Sit onmiddellik voor.