Vars ment en romerige tzatziki vul die soetvrank smaak van die frikkadeltoebroodjie aan. 

Mediterreense frikkadelle

  • Braai die frikkadelle in olyfolie in ’n braaipan oor matige hitte tot goudkleurig.
  • Plaas die komyn, paprikaroosmaryn, suurlemoenskil en sondroë tamaties in ’n voedselverwerker of menger. Voeg 3 eetlepels olyfolie by en verwerk tot ’n gladde pasta. 
  • Voeg die pasta by die frikkadelle, roer deur en verwyder van die hitte. 
  • Geur met sout en peper. 
  • Smeer die paninibrode liggies met olyfolie en rooster tot goudkleurig. 

Tzatziki

  • Meng al die bestanddele in ’n bak. 

Vir voorsit:

  • Sit die frikkadelle op geroosterde paninibrood voor.
  • Voeg tzatziki by en garneer met vars mentblare.